Woiwodskap Klein-Pole

Vlag van die Woiwodskap Klein-Pole
Vlag van die Woiwodskap Klein-Pole
Woiwodskap
Klein-Pole
Kaart
Wapen en vlag
Wapen van Klein-Pole Vlag van Klein-Pole
Basiese gegewens
Hoofstad: Krakow
Grootste stad: Krakow
Nommerplate: K
Bevolking: 3 267 731 (2006)
Bevolkingsdigtheid: 216,3 inw./km²
Geografie
Oppervlakte: 15 108 km²

Die Woiwodskap Klein-Pole, Pools Województwo małopolskie, met Krakow (Pools Kraków) as sy administratiewe sentrum, is een van 16 woiwodskappe in die Republiek van Pole. Dit is met die administratiewe hervorming van 1999 deur die samesmelting van die vroeëre woiwodskappe Krakow, Tarnów en Nowy Sącz geskep. Met 'n oppervlakte van byna 15 108 km² is dit die sesde kleinste woiwodskap en met 'n bevolking van meer as 3,2 miljoen ook een van die mees bevolktes.

Die woiwodskap behels gebied wat grootliks varieer ten opsigte van hulle geologiese formasie, vlak van industrialisering, kulturele tradisies en volkskuns. Byna die hele gebied van die huidige woiwodskap maak deel uit van die historiese gewes Klein-Pole wat – naas Groot-Pole – as die bakermat van die Poolse staat beskou word en vanaf die laat middeleeue met Krakow as Poolse hoofstad eeue lank 'n leidende rol as politieke sentrum van die land gespeel het.

Binne sy grense is uiteenlopende landskapsvorme soos die Klein-Poolse plato, die Sandomierz-vallei (alhoewel die gelyknamige stad deel uitmaak van die aangrensende woiwodskap Heiligkruis) en die grootste deel van die Poolse Karpate-bergreeks geleë. Die konsentrasiekamp van Auschwitz (Pools: Oświęcim) word met een van die donkerste tye in die geskiedenis verbind, die Sjoa.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search